Mooi

Vroeg uit die vere & te lank voor die spieël…

“Imperfection is beauty, madness is genius and it’s better to be absolutely ridiculous than absolutely boring.” Marilyn Monroe

Vroeg-vroeg vanoggend kondig die wekker opstaan-tyd aan. Die versoeking om die “snooze” knoppie te druk, oorweldig my, maar ek doen nie. Ek loop eerder in die donker tot by die badkamer, skakel die lig aan, druk die prop in die bad, draai die water oop en spat ‘n paar druppels oor my gesig om te probeer wakker word.

Wanneer mens nog vas aan die slaap voel, is die bad-proses ‘n storie. Mens moet maar hard konsentreer om nie jou hare met badseep te was en opknapper oor jou spons uit te gooi nie. Nietemin, stadig maar seker, is ek uit die bad, handdoek om die lyf, voor die spieël.

Die deel is altyd vir my lekker. My Lamelle vel-produkte staan netjies op ‘n ry en met elke roompie en serum wat ek aanwend voel ek, elke oggend en aand, trots op myself dat ek in my vel investeer. Ek staan dankbaar vir die wonderlike resultate van hierdie spesifieke roetine.

Ek borsel tande, smeer sonblok en soek my onderlaag wat vir een of ander rede voete groei. Terug badkamer toe. Eerste laag onderlaag word egalig oor my gesig gesmeer. Dan sit ek nog ‘n bietjie op om ‘n onwelkome puisie te verbloem, en dan nog ‘n lagie om my pigmentasie vlekke en donker kringe onder my oë te verbloem. Ek wend blosser op my wange en smeer oogskadu op my oë, dan volg die maskara, oogpotlood… die wenkbroue moet ook ingekleur word, voordat my lippe omlyning kry en ek uiteindelik ‘n ligte lagie lipstiffie oor my lippe smeer. Laaste pomp ek ‘n paar spuite van my “fixing-spray” om te verseker dat die “mooi” vir so lank moontlik op my gesig bly.

‘n Uur is verby. En daar staan ek nog met sopnat hare. Ek staar na my opgemaakte gesig. Soveel soos wat ek van grimering hou dink ek by myself: Dit is eintlik belaglik.

Hierdie oomblik laat my skielik dink aan my goeie vriendin Edrien Erasmus se fantastiese eenvrou vertoning, Ontbloot, wat ek ‘n paar maande terug gesien het. Sy begin die cabaret, soos ek my dag – vol grimering. En soos sy deur die verhaal vorder vee sy stuk-stuk haar grimering af en raak ontslae van die “aangeplakte mooi” totdat sy haarself blootstel aan die gehoor sonder die masker, steeds net so mooi, self mooier. Eerlik. Opreg.

Nog ‘n voorbeeld van iemand wat onbeskaamd trots is op haar natuurlike skoonheid is Alicia Keys, bekroonde sangeres en liedjieskrywer, wat met haar “no-makeup movement” groot opslae gemaak het. Ek dink terug aan ‘n tydskrif artikel oor die beweging, waarin sy gesê het: “Every time I left the house, I would be worried if I didn’t put on makeup: What if someone wanted a picture?? What if they POSTED it??? These were the insecure, superficial, but honest thoughts I was thinking. And all of it, one way or another, was based too much on what other people thought of me.” Sy sê ook verder: “It’s great to not wear makeup, but it’s great to wear makeup too, if it makes you happy. If you like how you look with a full face, contour and some serious lashes, you do that, and SLAY. But if you like yourself bare-faced, go forth and slay like that too. You do you.” En dan eindig sy af deur te sê:
“I don’t want to cover up anymore. Not my face, not my mind, not my soul, not my thoughts, not my dreams, not my struggles, not my emotional growth. Nothing.’

Soos ek dink aan hierdie twee brawe vroue is ek sommer lus om onmiddellik al my grimering af te was, maar na ‘n uur se “harde werk” en omdat ek nog my hare moet droogblaas en my tyd nou effens beperk is, besluit ek om dit vir vandag maar op te los totdat die “fixing spray” ophou werk.

Dit lyk tog “mooi” en miskien, as my moed my nie begewe nie, sal ek môre bietjie minder van my natuurlike mooi wegsteek onder al die onderlaag…

xxnb

Leave a Comment

Your email address will not be published.